Olimpia

Argeologiese terrein van Olimpia*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Die tempel van Zeus in Olimpia
Ligging van Olimpia op 'n kaart (Griekeland)
Olimpia
Olimpia
Posisie van Olimpia in Griekeland
Koördinate: 37°38′17″N 21°37′50″O / 37.63806°N 21.63056°O / 37.63806; 21.63056
Lande Vlag van Griekeland Griekeland
Tipe Kultureel
Kriteria i, ii, iii, iv, vi
Verwysings 517
Streek Europa
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 1989  (13de Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.

Olimpia (Grieks: Ολυμπία, Olympí'a of Ολύμπια, Olýmpia) was 'n heiligdom in die antieke Griekeland wat in die vrugbare Alpheosriviervallei, sowat twintig kilometer van die weskus van die skiereiland Peloponnes in die Olimpiese vlakte van die klein antieke stadstaat Elis, geleë is. Hier het die meeste religieuse seremonies van Griekeland plaasgevind, waaronder die vierjaarlikse Olimpiese Spele wat naas die Pithiese, Ismiese en Nemeïese Spele een van vier belangrike nasionale feeste van die Griekse stadstate was en deur Elis georganiseer is. Die argeologiese terrein van Olimpia is in 1989 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.

Die Olimpiese Spele was oorspronklik 'n suiwer religieuse fees ter ere van die Griekse godheid Zeus wat moontlik reeds voor 776 v.C. elke Olimpiade, dit wil sê elke vier jaar, hier gehou is. Afgevaardigdes, atlete en toeskouers uit alle Griekse stadstate het vir die spele in Olimpia byeengekom.

Die antieke sportfees was met sy strydwa- en perderen, wedlope, verspring, stoeiwedstryd en boksgevegte die voorloper van die huidige Olimpiese Spele, en daar was uitklopwedstryde vir mans en seuns. Die antieke Spele is in 394 n.C. deur die Romeinse keiser Theodosius I vanweë hulle heidense oorsprong afgeskaf.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search